Michael Marx, Marlise Cronjé en Francois Naudé. Foto:VERSKAF


DIE Hoër Landbouskool Marlow het vanjaar drie nuwe onderwysers, Michael Marx, Marlise Cronjé en Francois Naudé, verwelkom.

Marx, wat in die Vrystaat grootgeword het, het by Kovsies gestudeer en daarna in die VSA gewerk. Hy gaan tegnologie, natuurwetenskap, wiskundige geletterdheid en ekonomiese bestuurswese aanbied.

Cronjé is afkomstig vanaf Cradock en het by die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Sy gaan Engels, wiskunde en wiskundige geletterdheid aanbied.

Naudé, wat in 2012 by Marlow gematrikuleer het, het ná skool by Grootfontein gestudeer en toe sy studies by Kovsies voortgesit. Hy gaan landbouwetenskap, landboubestuurspraktyke en tegnologie by Marlow aanbied. Naudé is ook verantwoordelik vir die skaap- en wolafdeling.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article