Die Laerskool Cradock is trots op sy twee o.13A-krieketspelers Graham Watson en Robert van Zyl wat onlangs met die kolf teen die Laerskool Gill uitgeblink het. Dié twee het ’n openingsvennootskap van 240 lopies aangeteken, met Van Zyl se 128 nie uit nie, en Watson se 64 nie uit nie. CLS het 240 lopies sonder die verlies van ’n paaltjie in 20 boulbeurte aangeteken. CLS het die wedstryd oortuigend met 120 lopies gewen. fOTO: VERSKAF


MEDEWERKER

DIE Laerskool Cradock is trots op hul twee uitblinkers op die krieketveld in hul wedstryd teen die Laerskool Gill, Hul het ’n openings vennootskap van 240 lopies aangeteken. Robert van Zyl (128 n.u.n) en Graham Watson (64 n.u.n). Laerskool Cradock het 240 lopies sonder die verlies van n paaltjie in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Die Laerskool Gill teken 120 lopies vir die verlies van 5 paaltjies aan in hul toegelate 20 boulbeurte. Die Laerskool Cradock wen die wedstryd oortuigend met 120 lopies! CLS is trots op die o.13 A krieketspan. 28/2 teen Gill op somerset oos.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article