’n WILDBEWAARDER van Graaff-Reinet het vroegmiddag verlede Vrydag sowat 8km buite die dorp (net anderkant die skietbane) op die N9 op die oorskot van ’n man afgekom.
Die oorskot, slegs ’n geraamte, het onder ’n boom gelê en was geklee in ’n ka- kiekleurige broek en hemp, bruin stewels en ’n swart-en-wit pet.
Die forensiese afdeling van die polisie het teen Dinsdag die identiteit van die oorledene vasgestel as Vuyisile Wilson Tyobile (gebore 1950). Tyobile was ’n inwoner van uMasizakhe en is op 18 Desember 2018 as vermis aangemeld.
Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, kan adjudant-offisier Marais by 049 807 6600 bel.

