IZABETH Smit van Middelburg en haar perd Jacksacal, het aan die Springbok-perdry- proewe op Riversdal deelge-neem en sy is daarna as een van Suid-Afrika se top 18 rui-ters aangewys.
Dié ervare ruiter het op 10-jarige ouderdom begin perdry en het in haar graad 8-jaar vir die eerste keer aan die Springbok-proewe deelgeneem.
Izabeth het oor die afgelope ses jaar by verskeie professionele afrigters rylesse ontvang. Sy en Jacksacal geniet sedert verlede jaar afrigting by Sumaré Botha, wat in die Pearston-distrik woon.
“Sumaré doen my en my perd goed. Daar is beslis ’n verskil in my styl en my manier hoe ek nou perdry,” sê Izabeth.
In April gaan Izabeth by die Bloemskou deelneem en later vanjaar ook by skoue op Hopetown, Cradock en Somerset-Oos.




