’n Interskole boogskietkompetisie is deur die Hoër Volkskool in die Botaniese Sportgronde se saal aangebied en 35 skuts het deelgeneem aan die twee kolskoot-rondes.
Skuts van HTS Daniel Pienaar, die Kwagga Boogskietklub (Uitenhage), Laerskool Susanna Fourie (Despatch) en Soul Point Archery (Jeffreysbaai) het hulle boogskietvernuf ingespan by dié binnehuise kompetisie.
Die uitslae van Hoër Volkskool se skuts is as volg:
Eerste ronde:
Meisies: Annelie Pieterse – goud 287/300
Megan Hendrikse – silwer 271/300
Seuns: Freddie van der Mescht – goud 279/300
Samuel Pieterse – silwer 276/300
Lehan de Beer – brons 274/300
Tweede ronde:
Meisies: Annelie Pieterse – goud 289/300
Mikha Enslin – brons 265/300
Seuns: Mathys Oberholzer – goud 285/300
Freddie vd Mescht – silwer 281/300
Algeheel:
Beste Meisies; Annelie Pieterse – 576/600
Beste seun: Freddie van der Mescht – 560/600




