“As jy opskuif na die Noordvaal-beker afdeling moet jy reg wees om daar te bly. Dit is vir ons belangrik om daar te bly sodra ons daar kom,”
So vertel Henno Coetzee, Hoërskool Kempton Park se rugby direkteur. Volgens hom gaan hulle alles in die stryd werp om volgende jaar in die gesogte Noordvaal Beker-afdeling te speel.
Veral vir skole in stede soos Johannesburg en Pretoria is dit ‘n groot trekpleister vir jong spelers as jy in dié kompetisie speel. Skole in die stad is naby genoeg met skole wat verskeie busroetes bedryf om kinders na skole aan te ry.
“Ons het goeie diepte en die voorbereiding lyk goed, so ons behoort goed te vaar. As al ons spanne in ‘n eindstryd kan speel sal dit baie goed wees,” het hy gesê.
Dit is beslis nie ‘n maklike taak wat voorlê nie, met baie van die spanne in die plaat afdeling wat vanjaar vir ‘n plek in die beker gaan skarrel.
Voor die Noordvaal liga afskop, sal Kempies eers oor ‘n paar hekkies in die vorm van die NWU-reeks, Noord-Suid en die St. Stithians easter festival moet spring.In die NWU-reeks vroeg in die seisoen vat hulle vir EG Jansen en Nelspruit aan. EG speel in die Beker afdeling en Nelspruit het verlede jaar nog daar gespeel. Beide taai toetse vir Kempies.
By Noord-Suid sal hulle hulleself teen mede plaat deelenemers Klerksdorp en Montana kan toets. Die groot toetse sal waarskynlik tydens die St. Stithians fees kom. Hier gaan Kempies teen Pietersburg, St. Charles College en Garsfontein te staan kom. Pietersburg is dalk ‘n liga onder Kempies maar die manne van Limpopo moet nie onderskat word nie. St. Charles College speel in ‘n baie mededingende Kwazulu-natal liga waar hulle jaar op jaar verbeter.
Garsfontein het die afgelope drie jaar die Beker afdeling gewen en hulle dominansie lyk nie of dit begin wankel nie.
“Ons wou teen ten minste baie groot span speel. Dit is vir ons goed om teen Garsfontein te speel ons wil wys dat ons kan kompeteer met spanne wat in die beker speel,” het Coetzee verduidelik.
Kempies het in 2025 ‘n jong span gehad met 17 graad 11’s wat in die 1ste XV gespeel het. Dié eravring sal hulle baie help wanneer hulle plaat afdeling veldtog teen HTS Middelburg op 1 Mei afskop.
“Al die spanne in die plaat is goed, elkeen gaan sy eie uitdaging bied, maar ek dink ons het so bietjie ‘n appel te skil met Zwartkop. Die seuns wat nou in matriek is, het o.15 en o.16 in ‘n eindstryd teen hulle gespeel en verloor. Ons moet nou bietjie daai oorwinning vat,” het Coetzee gesê.





