Leibrandt Swart, ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het uitstekend gevaar in die wêreldkampioenskap in handwapens en skiet wat in September in Stilfontein gehou is. Foto: Verskaf

’n Jong skut van Bethlehem het uitstekend gevaar in die wêreldkampioenskap in handwapens en skiet wat onlangs in Suid-Afrika aangebied is.

Leibrandt Swart, ’n gr.10-leerder aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het die land verteenwoordig op die kampioenskapsbyeenkoms wat in September op die Frontier-skietbaan in Stilfontein aangebied is. Op dié byeenkoms het 1 500 skuts uit 78 lande in verskeie afdelings meegeding.

Leibrandt het in die produksie-afdeling vir junior skuts die algehele vyfde plek behaal. Hy het die algehele 49ste plek in die wêreld ingeneem, uit die 405 produksieskuts wat in dié afdeling meegeding het.

Dit beteken hy is vyfde op die wêreldranglys vir juniors en onder die 50 topskuts in die wêreld in die produksie-afdeling.

You need to be Logged In to leave a comment.