Die ongeluk het omstreeks 22:20 plaasgevind.
Die ongeluk het omstreeks 22:20 plaasgevind.

Jong vrou sterf ná voertuig op Bill Bezuidenhoutweg rol


‘n 20-jarige vrou van Kaapstad is dood toe die voertuig waarin sy ‘n passasier was, Saterdagaand op Bill Bezuidenhoutweg tussen Durbanweg en Mountain View-rylaan gerol het.

Volgens Kobus Kotzé, ‘n paramedikus van Titanium Ambulance-dienste het die ongeluk omstreeks 22:20 plaasgevind. Sy is op die toneel oorlede.

Die oorledene was een van vier passasiers in die voertuig, en volgens ‘n betroubare bron was die groep vriende glo vanaf ‘n kuierplek oppad huis toe.

Die bestuurder van die voertuig en die ander passasiers het ligte beserings opgedoen. Twee is na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

LEES OOK: Four arrested for street racing on N1, one crashes into patrol car

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article