Die drukkersduiwel het in verlede week se berig “Kinders leer belangrike lesse op bladsy 3 (Hermanus Times, 7 Junie 2023) ingesluip.
’n Komma in die tweede laaste paragraaf van die berig is per abuis weggelaat.
Die sin moes lees: “Maatskaplike werkers, Carmen Jagers van Elpida Foundation en . . .”
Die sin lees egter: “Die maatskaplike werkers Carmen Jagers van Elpida Foundation en . . .”
Dit het verkeerdelik die indruk geskep dat Jagers ’n maatskaplike werker is.
Die programme wat tydens Kinderbeskermingsweek aangebied was, is deur Kindersorg Napier gereël.
Die Hermanus Times vra verskoning vir enige verwarring wat dit kon veroorsaak het.



