Die Helpende Hand Hermanus-span wat by die geleentheid betrokke was, is voor Saar Joubert, Susan Prinsloo (voorsitter), Yvonne Deetlefs (sekretaresse), Elnette du Toit, Alet Coetzee (ondervoorsitter). Agter is Lizé Theron (Helpende Hand Wes-Kaap), Waldie Myburgh en Heidi Scrooby.


Lede van Solidariteit Helpende Hand se Hermanus-tak het onlangs by Huis Mc­Mil­lan besoek afgelê en lekker met die inwoners gekuier om hul eensaamheid te ver­lig.

Die atmosfeer is deur AfriForum geskep wat seker gemaak het die musiek is feestelik en die braaivleis is watertand-lekker. Tydens die geleentheid het inwoners ook ’n pakkie toiletware, wat deur die Hermanus-gemeenskap geskenk is, gekry.

“Dit is goed om terug te gee aan die gemeenskap en dit maak jou nederig,” sê Alet Coetzee, ondervoorsitter van die Hermanus-tak.

Hierdie was die tweede agtereenvolgende jaar wat die kuier plaasgevind het en planne vir volgende jaar se geleentheid is reeds op die tafel.

Volgens Coetzee wil die SHH Hermanus-tak graag in die toekoms ook ’n groentetuin by Huis McMillan begin, waar inwoners dit in stand sal hou en hul gemeenskap van vars groente kan voorsien.

Susan Prinsloo, SHH Hermanus-tak se voorsitter, nooi enige individu om by die projekte betrokke te raak.

“Dit was my eerste ondervinding saam met HH wat die projek al voorheen ook gedoen het,” vertel sy.

“Dit was vir my baie lekker om die inwoners saam met die geesdriftige vroue te bederf. Ons kan doen met nog sulke toegewyde mense – vroue en mans – om betrokke te raak by hierdie goeie doel.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article