Die tien wenners van die 2026 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. (Foto: Bruce Tuck Photography)
Die tien wenners van die 2026 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. (Foto: Bruce Tuck Photography)

Sauvignon blanc-wyne uit die Overberg verdien ‘n pluimpie

Die tien wenners van die 2026 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. (Foto: Bruce Tuck Photography)
Die tien wenners van die 2026 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. (Foto: Bruce Tuck Photography)

Dit kan dalk die ligging wees, of selfs die klimaat, maar sauvignon-wyne uit die Overberg kraai koning.

Volgens kenners het Suid-Afrikaanse sauvignon blanc die afgelope twee dekades merkwaardig ontwikkel en word toenemend erken vir sy gehalte, uiteenlopende wynstyle en premium aanslag.

Die 20ste FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie vier dié vooruitgang en bring hulde aan ’n uitdagende 2025-oesjaar met uitsonderlike resultate.

Die tien bekroonde wyne – nege uit die 2025-oesjaar en een uit 2026 – beklemtoon die kultivar se veelsydigheid en die kenmerkende karakter van die verskillende verbouingstreke.

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het die 10 wenners Woensdag 14 Oktober by Weltevreden-wynlandgoed in Stellenbosch aangekondig. Die tuinviering het wyn, kuns en musiek saamgebring. Seremoniemeesters Ryan O’Connor en Success Lekabe het ‘n beeldhouwerk-soektog aangebied, waartydens die top 10 uit die 20 finaliste bekend gemaak is.

Die 2026-kompetisie het 159 inskrywings van 95 produsente gelok, met wyne uit vier oesjare. Dit is steeds Suid-Afrika se enigste kompetisie wat uitsluitlik op sauvignon blanc fokus. Vanjaar se top 10 bestaan uit ses gehoute en vier ongehoute wyne, wat die verskeidenheid style weerspieël waarmee wynmakers eksperimenteer.

Kaapstad en Elgin is besonder goed verteenwoordig. Die 2026 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10, in alfabetiese volgorde: Carmen Stevens Sauvignon Blanc 2025 (Kaapstad), De Grendel Koetshuis Sauvignon Blanc 2025 (Kaapstad), Groot Phesantekraal Marizanne 2025 (Kaapstad), Iona Elgin Highlands Sauvignon Blanc 2026 (Elgin), La Motte Pierneef Sauvignon Blanc 2025 (Kaapstad), Lomond Seven Rows Ben Nevis Sauvignon Blanc 2025 (Kaap-Agulhas), Quoin Rock Nicobar Sauvignon Blanc 2025 (Wes-Kaap), Steenberg Black Swan 2025 (Constantia), Coastal RegionTokara Reserve Collection Sauvignon Blanc 2025 (Elgin) en Wildeberg Terroirs Sauvignon Blanc 2025 (Stellenbosch).

“Die teenwoordigheid van houtverouderde wyne naas vars, ongehoute style wys dat Suid-Afrikaanse produsente nie by een vaste resep hou nie,” sê dr. Carien Coetzee, wynkundige en sameroeper van die 2026-beoordelaarspaneel. “Wynmakers ondersoek nuwe moontlikhede wat tekstuur en kompleksiteit betref, sonder om die lewendige karakter te verloor wat sauvignon blanc so aantreklik maak. Al verskil die style, word hierdie wyne gekenmerk deur presisie, duidelike kultivarkarakter en ’n sterk gevoel van oorsprong. Saam bevestig hulle wat baie van ons vermoed het: 2025 was ’n uitsonderlike jaar vir sauvignon blanc in Suid-Afrika.” Coetzee het ’n paneel kundiges gelei wat bestaan het uit dr. Winifred Bowman, Kaapse wynmeester en internasionale beoordelaar; Anton Swarts, Kaapse wynmeester, verkrygingsbestuurder en senior wynmaker by Spier Wynlandgoed; Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel-wynlandgoed en lid van die Sauvignon Blanc SA-komitee; Johann Fourie, keldermeester by Benguela Cove Lagoon-wynlandgoed; en die Cape Winemakers Guild-protégés Reneilwe Senosha en Marché Hendricks, wat as gasbeoordelaars opgetree het.

20 Jaar van groei

“Die 20ste FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 is ’n geleentheid om te erken hoeveel Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc as ‘n kategorie oor die afgelope twee dekades gevorder het,” sê Elunda Basson, voorsitter van Sauvignon Blanc SA. “Die kompetisie het produsente deur die jare gehelp om hul wyne ten toon te stel, nuwe moontlikhede te verken en groter erkenning vir die gehalte en verskeidenheid van ons kultivar te verwerf. Namate produsente hul vakmanskap verfyn en nuwe stilistiese grense verskuif, verruim ons ook die beeld van wát Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc kan wees.

“Hierdie mylpaal is te danke aan die produsente wat aanhou om die standaard te verhoog, asook ons vennote, wie se steun ons help om in die beeld en toekoms van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc te belê. Ons bedank graag ons titelvennoot, FNB, ons platinumvennoot, EVER Solutions, en al ons ander vennote. Ons sien uit na die volgende twintig jaar se ontdekkings, verskeidenheid en uitsonderlike gehalte.”

Sauvignon Blanc SA seminaar

Sauvignon Blanc SA se jaarlikse Seminaar en Algemene Jaarvergadering vind Woensdag 11 November by Hazendal-wynlandgoed plaas. Besoek https://sauvignonblanc.com/ vir meer inligting, of kontak

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article