David Maynier, die provinsiale minister van opvoedkunde, die skoolhoof Johan Jacobs, die premier Alan Winde en Brent Walters, hoof van die departement opvoedkunde Wes-Kaap.

Die Hoërskool Overberg in Caledon het nie net ‘n 100%-matriekslaagsyfer in die 2025-matriekeindeksamen behaal nie, maar het onlangs ook ‘n gesogte toekenning ontvang (“Ovies pronk weer met 100%”. Hermanus Times, 14 Januarie 2026).

Die skoolhoof, Johan Jacobs, het die prys vir akademiese uitnemendheid (Nasionale Seniorsertifikaat 2025) vir tegniese skole vir die verwerwing van die tweede plek in die Wes-Kaap verlede Donderdag (29 Januarie) ontvang.

Die oorhandiging is by Leeuwenhof deur die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die provinsiale minister van opvoedkunde, David Maynier gedoen.

Jacobs het aan Hermanus Times gesê: “Ek is baie trots op hierdie toekenning en bedank die leerders vir hul harde werk en werksetiek, asook die harde werk van die onderwysers aan wie die prys eintlik gaan, want hulle hulle doen die dag-tot-dag-werk.”

Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn het die eerste plek verwerf en HTS Drostdy die derde plek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article