Die Overberg-rugbyspanne wys dat hulle gewis nie maklik gaan tou opgooi in hul uitspeelwedstryde nie. Caledon en Safcol het hul onderskeie wedstryde teen Newtons van Wellington en Saldanha gewen. Safcol het met ’n omstrede drie 27-25 teen Saldanha gewen terwyl Caledon 39-28 teen Newtons gewen het. Lorenzo Swarts (bo) is in hierdie stadium die voorste driedrukker van die toernooi met vier drieë terwyl Andrin Mepomie van Safcol drie drieë gedruk het. Lorenzo, wat ook die speler van die wedstryd was, is ook die voorste puntemaker van die toernooi danksy 44 punte wat hy aangeteken het. Foto: Darryl Plaatjies 071 049 2322


Overberg-spanne steeds onoorwonne . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article