Die Heidehof-tehuis vir bejaardes in Caledon word op 3 Mei 60 jaar oud. Om dié mylpaal te vier, is die Caledon-dameskring hard aan die werk met ’n verfraaiingsprojek by die tehuis.
Inwoners van die omgewing het oor die jare noue bande met Heidehof gesmee, want dit is immers hier waar baie mense se geliefdes in hul laaste jare ’n veilige en liefdevolle tuiste gevind het.
Fana de Wet, die voorsitter van die dameskring, sê: “Die dameskring is besig met ’n verfraaiingsprojek in ’n poging om die tehuis op te kikker en die vere vir die groot feesvieringe reg te skud.” Buiten verf en mooimaakwerk beoog die vroue om die huidige terapie-kamer, wat ’n buitedeur vir toegang het, om te skep en as ’n lesingslokaal in te rig, wat aan instansies verhuur kan word om bykomende inkomste vir Heidehof in te bring. Een van die kamers wat tans leeg staan, gaan as gastekamer vir familielede ingerig word. . Mense wat ’n bydrae wil lewer, kan De Wet kontak by 083 274 9299 of fanadewet11@gmail.com





