Tydens ‘n raadsvergadering van die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) wat op 12 April gehou is, het die raad van die TWK besluit om die bedanking van sy vorige munisipale bestuurder, Boy Manqoba Ngubo, te aanvaar.
Die speaker, Derick Appel, het ges? hulle respekteer Ngubo se besluit om ander loopbaanopsies te ontgin en dat hulle hom alles van die beste vir die pad vorentoe toewens.
Tydens dieselfde raadsvergadering is die direkteur van gemeenskapsdienste, Wilfred Schrevian Evan Solomons-Johannes, vir ‘n termyn van drie maande, as waarnemende munisipale bestuurder van die munisipaliteit, aangestel. Solomons-Johannes is ‘n ervare munisipale amptenaar en plaaslike owerheidskenner wat tevore senior poste in, onder andere, Kaapstad Metro gevul het.
Die raad het gemeld dat Solomons-Johannes verskeie keer as munisipale bestuurder in Theewaterskloof waargeneem het en dat hy nou weer die fort moet hou terwyl prosesse gevolg word om ‘n voltydse munisipale bestuurder aan te stel.
Hierdie besluit is weer bevestig tydens ‘n spesiale raadsvergadering vanoggend, 17 April.
Kallie Papier, TWK-burgemeester, het ges? die koalisieregering, bestaande uit die ANC, PA en GOOD, sal toesien dat die owerheid nie leierloos gelaat word nie en dat Solomons-Johannes leiding sal bied totdat ‘n voltydse aanstelling gedoen is.
Raadslid John Michels, onderburgemeester, het Solomons-Johannes se aanstelling verwelkom en ges? Solomons-Johannes, weens sy bewese vaardighede en kennis van TWK, sal kontiniuteit aan die uitvoering van die munisipaliteit se administratiewe funksie verleen.
Solomons-Johannes het na die vergadering ges? hy waardeer die raad se vertroue in hom en hy sal voortgaan om die owerheid met oorgawe te dien. “Ek weet dit is ‘n groot taak, maar ek en my bestuurspan is reg vir die uitdagings,” het hy ges?.





