Leerder van Overberg wat uit sokkerfamilie kom vir Cravenweekspan gekies

Tyrone Modipa is in die Boland-hoërskole se o-18-Cravenweekspan opgeneem.

Leerder van Overberg wat uit sokkerfamilie kom vir Cravenweekspan gekies


Tyrone Modipa, ‘n 17-jarige gr. 11-leerder aan die Hoërskool Overberg, is in die Boland-hoërskole se o-18-Cravenweekspan opgeneem. Die span sal van 5-11 Julie in Gqeberha aan die Cravenweek deelneem. Tyrone is die enigste Overberger wat in die span opgeneem is en sy skool is baie trots op sy prestasie.

Tyrone het in ‘n huis, waar sokker baie belangrik is, grootgeword. Tankiso Modipa, Tyrone se pa, sê: “Ek het net sokker gespeel en verwag dat my eersgebore seun met die Modipa-sokker-nalatenskap sal voortgaan, maar hy het op sy eie rigting besluit, en dit is rugby.”

“Tyrone se ma kom uit ‘n rugbyfamilie,” sê Modipa. “Haar pa en my seun se oom het ook Cravenweek-rugby gespeel. Rugby het Tyrone gehelp om as individu te groei.

“Ek is baie trots op my seun en ons as familie ondersteun hom al die pad. Ons hoop hy sal nog groot hoogtes in sy rugbyloopbaan bereik.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article