Die uitvoere van landbouprodukte soos wyn, mielies en sitrus is een van die weinige middele wat nog positief bydra tot groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie – en die graanwaardeketting speel ’n integrale rol hierin. “Suid-Afrikaanse landbouprodusente se rekorduitvoere gedurende verlede jaar het die invoerwaarde van landbouprodukte en kos oortref. Kos en drank ter waarde van R177,8 miljard is in 2021 uitgevoer. Dit is 5,2% meer as in 2020, wat beteken dat R75,4 miljard se goedere meer uitgevoer as ingevoer is,” het Hein Rehr, president van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA), by die organisasie se onlangse simposium in Mosselbaai gesê. ’n Groep personeellede van Overberg Agri se Graan- en Landboudienste het ook dié suksesvolle simposium bygewoon.


Landbou toon rekorduitvoere

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article