Kinderbeskermingsweek is in 1997 ingestel om bewusmaking van kinderregte soos vervat in die Kinderwet van 2005 by gemeenskappe tuis te bring.
Die Caledon-biblioteek, tesame met verskeie rolspelers soos die Caledon-museum, Beyond Black Mountain en Badisa Caledon, het bewusmakingveldtogte vir Kinderbeskermingsweek tussen 26 Mei en 5 Junie gehou.
Op 26 Mei het hulle die VG kerk-gemeente in Caledon toegespreek en ingelig oor die dringendheid van gemeenskaplike samewerking om ’n gesamentlike invloed tot op gemeenskapsvlak te bring om sodoende ’n verskil te probeer bewerkstellig teenoor kwesbare kinders wat dikwels verwaarloos, mishandel en uitgebuit word of aan geweld blootgestel word.
Ná die diens is pamflette en groen strikkies aan gemeentelede en mense in die gemeenskap uitgedeel.
Die veldtog is op 5 Junie in Vlei View afgesluit met bewusmaking van Kinderbeskermingsweek onder die gemeenskap.





