Deelnemers aan die Canola Run sal oor grondpaaie deur pragtige kanola-landerye ry.


Avontuurlustige motorfietsryers kan uitsien na die jaarlikse Caledon Canola Run op 7 September, wat deur Caledon Rapportryers aangebied word.

Motorfietsryers kom elke jaar van oral oor om deel te neem aan die rit op Lemoenskop-plaas buite Caledon.

Hierdie opwindende motorfietsrit neem deelnemers op ’n asemrowende roete deur die kanola-landerye en oor private grondpaaie, wat andersins vir die publiek gesluit is. Die organiseerders beklemtoon dat dit nie ’n wedren teen die stophorlosie is nie, maar ’n pretrit vir dubbeldoel- en enduro-motorfietse.

Inskrywings het op 1 Augustus geopen en kan by www.quicket.co.za gedoen word. Dié wat vroeg spring en hul aanlyn inskrywings teen 5 September afhandel, betaal slegs R400 per ryer en R120 vir ’n saamryer (slegs 13 jaar en jonger). Inskrywings ná 5 September kos R450 per ryer en R150 per saamryer. Etes is by die prys ingesluit, maar kan ook apart gekoop word.

Registrasies word van 07:00 af op die dag van die rit gedoen.

Alle geld wat ingesamel word, sal ten bate van gemeenskapsprojekte, wat deur die Rapportryers aangewys sal word, aangewend word.. Besoek die Caledon Canola Run Facebook-blad of stuur e-pos na canolarun@gmail.com vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article