Die Caledon-polisie versoek dat inwoners hulle tydens beurtkrag of in die geval van ’n kragonderbreking by 082 522 1736 kontak.

Adjudant-offisier Eduard Coetzee het verduidelik dat inwoners tydens beurtkrag sukkel om met die polisie in verbinding te tree aangesien die polisiekantoor se landlyn dan buite werking is.

Die satelliet-polisiekantoor in Bot­rivier val onder Caledon-polisiekantoor en inwoners van dié dorp kan ook die bogenoemde nommer tydens beurtkrag skakel om die polisie te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article