Hugo Bester het die 67ste Die Burger/Media24- jeugleierkonferensie in die Paarl bygewoon.

Die begin van die vakansie was vir die hoofleiers van die Hoërskool Bredasdorp maar ‘n besige tydperk waarin hulle baie geleer het.

Die hoofleiers van vanjaar het vroeg in Desember die geleentheid gekry om hulle as leiers te ontwikkel. Die hoofseun van 2026, Hugo Bester, het die 67ste Die Burger/Media24-jeugleierkonferensie in die Paarl bygewoon. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat Hugo een van slegs 48 verkose hoofleiers in die hele Kaapprovinsie is, wat die geleentheid kon bywoon.

Die ander hoofleiers, Kara Liebenberg (hoofmeisie), Evah Meyer (onderhoofmeisie) en Philip Fick (onderhoofseun) het op hul beurt die ATKV-jeugleierskonferensie in Goudini bygewoon.

Kara Liebenberg (hoofmeisie), Evah Meyer (onderhoofmeisie) en Philip Fick (onderhoofseun) het die ATKV-jeugleierskonferense in Goudini bygewoon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article