Dit is nou ’n fliek en almal is gaande daaroor. Die fliek Hans steek die Rubicon oor is op 29 September in fliekteaters landwyd bekendgestel. Met die bekroonde akteurs Tobie Cronje en Pierre van Pletzen as hoofspelers is dit iets wat nie gemis moet word nie. kykNET en Red Letter Day Pictures het die radiodrama, wat op die boek en RSG-radiodrama van Rudie van Rensburg gegrond is, in ’n fliek omgeskep. Hans is 90 jaar oud en word deur sy dogter, wat oorsee woon, gedwing om in ’n aftreeoord te gaan woon. Daar begin al die manewales en Hans begin om ’n aktivis te word. Die fliek is tans in teaters by Whale Coast Cinemas te sien.


Hans nou in Hermanus

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article