Die Prestige-fabriek in Caledon het onlangs komberse aan lede van die Oase Dienssentrum uitgedeel. Met die dae en nagte wat besig is om kouer te word, het dié snoesige komberse groot byval by die Oase-lede gevind. Ethel Pheiffer van Prestige het genoem die komberse word plaaslik vervaardig en dat hulle besluit het om senior burgers vir die winter te bederf. Elke kombers is ook in ’n handige drasak verpak. Tussen die lede wat snoesig in die komberse toegewikkel is, is Edna Vashu (links, bestuurder van Oase Dienssentrum) saam met Roxanne Klippies en Ethel Pheiffer van Prestige wat voor op die grond sit.Foto: Mitzi Buys
Geskenkte komberse verdryf die koue
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.