Die 17de jaarlikse Canola Run was weer eens ’n reusesukses met ongeveer 230 motorfietsryers van ses tot 64 jaar oud wat deelgeneem het. Tristan van Zyl (inlas) was een van die jongste deelnemers. Dié sesjarige en sy pa, Mark van Zyl van Grabouw, het saamgery. Rudi Coetzee van Caledon Rapportryers, wat die jaarlikse ren organiseer, sê deelnemers het van so ver as Gauteng en selfs Argentinië gekom. “Deelnemers het omstreeks 09:30 van Lemoenskopplaas af vertrek, in die rigting van Boontjieskraal gery, daarna oor die berge in die rigting van Tesselaarsdal en toe weer terug na Lemoenskop. Die roete oor 93 km het ongeveer drie tot vier ure geneem om te voltooi,” sê Coetzee. Die deelnemers het daarna aan ’n heerlike bord gebraaide kos en ander verversings gesmul. Volgens Coetzee is ongeveer R80 000 met die Canola Run ingesamel. Dié geld sal gebruik word vir verskeie projekte in Caledon, wat deur die Rapportryers ondersteun word, onder meer Heidehof-tehuis en Herberg, die ACVV-dienssentrum en plaaslike skole. “Ons hoofborg was Overberg Agri, en die ander borge was Caledon Casino, SOILL, Agri Protection Services, Rockfox, Ouropack en Heineken. Ons bied die Canola Run volgende jaar weer op die eerste Saterdag in September aan,” het Coetzee


Canola Run ’n reusesukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article