Caledon-rugbyklub stuk-stuk opgekikker met hulp van gemeenskap

Rodney Nissen van die Caledon-rugbyklub bedank Joshua Hendricks van Third Generations Investment vir hul bydrae om die klub op te knap.

Caledon-rugbyklub stuk-stuk opgekikker met hulp van gemeenskap

Rodney Nissen van die Caledon-rugbyklub bedank Joshua Hendricks van Third Generations Investment vir hul bydrae om die klub op te knap.

“Dit wys jou net – jy moet aanhou en uithou, dan gaan jy resultate sien.”

Dít is die woorde van Rodney Nissen, wat tans die Caledon-rugbyklub bystaan om op ‘n jare lange tradisie voort te bou. “Ek dink die Caledon-rugbyklub is die enigste rugbyklub in die Overberg wat met sy eie klubhuis pronk en ons as klub het besluit om die klubhuis op te ­knap,” het Nissen gesê.

“Ons het dit in fases opgedeel en met die ondersteuning van die gemeenskap is die projek besig om alle verwagtinge te oortref.”

Volgens Nissen het hulle die opknapping in vyf fases opgedeel met die kroeg-gedeelte wat hulle as fase 1 in ‘n kleedkamer omgeskep het. “Die Theewaterskloof-munisipaliteit is besig om die pawiljoen op te knap. Tans is hulle besig met die dak, maar met dié opknapping het ons kleedkamers in die slag gebly. Daarom het ons besluit om die ­kroeggedeelte in kleedkamers te veran­der,” het Nissen gesê.

Hermanus Times het al berig oor die haglike toestand waarin die Caledon-sportterein is asook die Theewaterskloof-munisipaliteit wat beloof het om die pawiljoen op te knap. “Só byvoorbeeld het iemand vir ons al die elektriese bedra­ding geskenk én dit kom installeer.

“Ons wil ook graag ons waardering uitspreek teenoor Joshua Hendricks, die eienaar van Third Generation Investments (Edms.) Bpk., vir sy ruim bydrae tot die herstel van ons klubhuis, het Nissen die klub se dank oorgedra.

“Joshua het as ‘n derde-generasie-entrepreneur besluit om in die gemeenskap terug te ploeg deur die klub te onder­steun. Hy het die houtbalke en verwante boumateriaal vir ‘n groot gedeelte van die hoofdak van die klubhuis geskenk.”

Volgens Joshua is dit die regte ding om te doen aangesien hy self ‘n sportman is en sy oupa, pa en ooms vir die Caledon-rugbyklub gespeel het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article