Die Caledon-polisie versoek dat inwoners hulle tydens beurtkrag of in die geval van ’n kragonderbreking by 082 522 1736 kontak.
Adjudant-offisier Eduard Coetzee het verduidelik dat inwoners tydens beurtkrag sukkel om met die polisie in verbinding te tree aangesien die polisiekantoor se landlyn dan buite werking is.
Die satelliet-polisiekantoor in Botrivier val onder Caledon-polisiekantoor en inwoners van dié dorp kan ook die bogenoemde nommer tydens beurtkrag skakel om die polisie te kontak.


