Op die foto verskyn van linksAlisha de Lange (Helpende Hand se streekbestuurder van die Suid-Streek), Dané Kotze (Helpende Hand se maatskaplike werker), Susan Prinsloo (voorsitter: Helpende Hand Hermanus-tak), Yvonne Deetlefs (sekretaresse: Helpende Hand Hermanus-tak)

Die Helpende Hand-tak in Hermanus het die afgelope maand sy eerste takvergadering vir die jaar gehou en beplanning vir die res van die jaar gedoen. Die tak se fokus is voorsiening in die behoeftes van bejaardes, kinders, mense met gestremdhede, sowel as gesinne.

“Die tak se fokus sal altyd wees om deur middel van opleiding, opvoeding en ontwikkeling volhoubare projekte in die Hermanus-gemeenskap aan te pak,” sê Susan Prinsloo, die nuutverkose voorsitter van die tak.

Die positiwiteit van die taklede is ’n groot bate vir die Hermanus-gemeenskap. “Dit is vir ons lekker om ons gemeenskap se behoeftes vas te stel en daarin te probeer voorsien, maar daarvoor het ons altyd meer hande nodig,” sê Prinsloo. Sy doen ’n beroep op belangstellendes in die gemeenskap om met haar kontak te maak indien hulle meer inligting oor die werksaamhede van Helpende Hand wil hê. Haar kontakbesonderhede is seaprins@gmail.com

Die tak het die afgelope jaar verskeie projekte by die Fynbos-aftreeoord onderneem en ook projekte in samewerking met Afriforum in Hermanus aangepak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article