’n Voormalige Springbok-rugbyafrigter van die Paarl en GOOD-parlementslid gaan teen sy skorsing uit dié party appelleer.


’n Voormalige Springbok-rugbyafrigter van die Paarl en GOOD-parlementslid gaan teen sy skorsing uit dié party appelleer nadat die party sy lidmaatskap verwyder het en hom as lid van die Wes-Kaapse wetgewer geskors het, berig Netwerk24.

Hierdie skorsing volg nadat die party op 31 Januarie ’n klagte van seksuele wangedrag teen die persoon ontvang het, en die persoon tydens ’n interne verhoor skuldig bevind is, volgens ’n GOOD-persverklaring wat op 25 Mei uitgereik is.

Die verdagte het ook op 22 Maart die eerste keer in die Malmesbury-landdroshof verskyn en word deur twee aanklagte – poging tot seksuele aanranding sowel as ’n aanklag van crimen injuria – in die gesig gestaar, het Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), op ’n vorige geleentheid aan die Paarl Post gesê.

Die beskuldigde is ná sy inhegtenisneming op borgtog van R800 vrygelaat en moet op 15 Mei weer in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Die verdagte was ’n GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit nadat hy in 2021 by GOOD aangesluit het, en was ook die voormalige afrigter van die nasionale Dowes-rugbyspan en woon tans in die Paarl.

Die vrou wat die klagte aangemeld het, is ook ’n lid van die GOOD-party.

Sy beweer die beskuldigde het haar probeer soen en het haar op haar bed neergegooi.

Haar man was ten tyde van die beweerde voorval nie teenwoordig nie aangesien hy oorsee was vir werk.

Terwyl sy teen hom baklei het, het sy ook ligte beserings, soos kneusplekke teen haar regterboud en laerug, asook krapmerke opgedoen.

Die beskuldigde se naam word op regsadvies ingevolge die Strafproseswet weerhou, omdat hy nog nie gepleit het nie.

Die Paarl Post het uitgereik na GOOD vir kommentaar, waar Janke Tolmay, die party se media bestuurder, bevestig het dat die party ’n appèlaansoek ontvang het.

Die koerant het ook uitgereik na die geskorste GOOD-politikus, maar het ook geen terugvoer ontvang nie.

’n Voormalige Springbok-rugbyafrigter van die Paarl en GOOD-parlementslid gaan teen dié party se skorsing appelleer nadat die party die lid se lidmaatskap verwyder het en die betrokkene as lid van die Wes-Kaapse Wetgewer geskors is, het Netwerk24 berig.

Hiérdie skorsing volg nadat die party op 31 Januarie ’n klagte van seksuele wangedrag teen die lid ontvang het, en die lid tydens ’n interne verhoor skuldig bevind is, lui ’n GOOD-persverklaring wat op 25 Mei uitgereik is.

Die verdagte het op 22 Maart die eerste keer in die Malmesbury-landdroshof verskyn en word deur twee aanklagte – poging tot seksuele aanranding sowel as ’n aanklag van crimen injuria – in die gesig gestaar, het Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag op ’n vorige geleentheid aan die Paarl Post gesê.

Die beskuldigde is ná sy inhegtenisneming op R800 borgtog vrygelaat en moet op 15 Mei weer in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Die verdagte was ’n GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit nadat hy in 2021 by GOOD aangesluit het, en was ook die voormalige afrigter van die nasionale Dowes-rugbyspan. Hy woon tans in die Paarl.

Die vrou wat die klagte aangemeld het, is ook ’n lid van die GOOD-party.

Sy beweer die beskuldigde het haar probeer soen en haar op haar bed neergegooi terwyl haar man nie teenwoordig was nie – hy was oorsee vir werk.

Terwyl sy teen hom baklei het, het sy ook beserings, soos kneusplekke aan haar regterboud en laerug, asook krapmerke, opgedoen.

Die beskuldigde se naam word op regsadvies ingevolge die Strafproseswet weerhou omdat hy nog nie gepleit het nie.

Die koerant het ook uitgereik na die geskorste GOOD-politikus, maar het geen terugvoering ontvang nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article