Die vrolike groep VLV-lede by hul loslit-byeenkoms.Foto: Mitzi Buys


Die lede van die Caledon-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) het voorverlede Donderdag (7 November) vir die laaste maandelikse byeenkoms voor hul afsluitingsgeleentheid ’n lekker informele loslit-byeenkoms gehou.

Soos gewoonlik is die byeenkoms voorafgegaan met heerlike eetgoed en koffie voordat die verrigtinge begin het.

Almal het heerlik gelag oor hoe verbeeldingryk sommige lede aangetrek het. Punte op die sakelys is bespreek, foto’s is beoordeel en lede het ook geleer hoe om pragtige kleiblomme te maak.

Om by die loslit-tema te pas, het almal ’n baie oorspronklike verrassingspakkie gekry – snoeperye toegebind in ’n vadoek wat aan ’n stok vasgemaak is. Die vroue is stok oor die skouer ná die verrigtinge huis toe.

Die afsluitingspartytjie word môre (Donderdag 21 November) gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article