Agri-Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar, Richard Hutton-Squire (middel) saam met die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, en Richard se vrou, Daniela.

Boer van Grabouw glo jongboere waarborg die toekoms

Agri-Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar, Richard Hutton-Squire (middel) saam met die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, en Richard se vrou, Daniela.

Richard Hutton-Squire (40), ‘n boer van die Elgin-Grabouw- omgewing, glo dat jongboere boerdery se toekoms gaan waarborg. “Jongboere is baie belangrik in die lang termyn. Ek het geleer dat dit wat jy insit, is wat jy uitkry en dit is waarom dit belangrik is om ure en moeite in jou boerdery te sit. Dit klink dalk nie lekker nie, maar as jy na die resultate kyk, is dit die moeite werd,” het Richard gesê.

Dié belowende boer, wat ‘n inspirasie vir ander is, is verlede week in die Paarl tydens die Agri Wes-Kaap-Santam se Jongboer-gala-aand as die Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys.

Hy was veral in sy noppies toe die Wes-Kaapse minister van landbou, Ivan Meyer, die trofee persoonlik aan hom oorhandig het. Nou, as provinsiale wenner, dring hy deur na die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Richard boer met passie en toewyding met appels en pere – gewasse wat noukeurige bestuur, tegniese kennis en langtermynbeplanning vereis. Volgens hom het sy deelname aan hierdie kompetisie nie net sy landboukundige vaardigheid bewys nie, maar ook sy leierskapskwaliteite en visie vir die toekoms van die Suid-Afrikaanse landbou.

“Jong boere is baie belangrik in die lang termyn – hulle is die toekoms, die hoop en ook ‘n inspirasie vir ander eerstegene­rasieboere,” het hy gesê.

Agri-Wes-Kaap het ook weer eens die belangrikheid van die landbousektor beklemtoon: “Die Wes-Kaap is die ruggraat van Suid-Afrika se landbousektor en lewer ‘n betekenisvolle bydrae tot die land se voedselsekerheid en uitvoerverdienste. Hierdie dinamiese provinsie is die tuiste van ‘n verskeidenheid bedrywe – van vrugte- en wynboerdery tot graan, groente en vee. Tog staar die bedryf ‘n kritieke uitdaging in die gesig – die vergrysingsprofiel van boere en die noodsaaklikheid om ‘n nuwe geslag landboukundiges te betrek en te behou.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article