Emoji Movement, ‘n organisasie sonder winsoogmerk, het Saterdag 28 Februarie ‘n pretdag vir die hele familie in die Myddleton-parkie aangebied.
‘n Span van die Caledon-brandweer het balspeletjies soos sokker met die kinders gespeel en ander gewilde aktiwiteite soos toutrek en sakresies is ook aangebied. Ná al die speletjies is die kinders met ‘n worsrolletjie en koeldrank bederf.
Janine Botha van Emoji Movement sê: “Dit was regtig ‘n baie lekker dag met pret vir die hele gesin en ons sien uit na die volgende een.”
Botha bedank die Caledon- brandweer, wat altyd bereid is om te help, asook vir Danie Tobias vir die skenking van wors vir die worsrolletjies en vir Quintin Constance vir die gebruik van sy braaigeriewe.





