Die Flikker Film Fees bring Afrikaanse stories na Hermanus van 28–31 Julie by die Road House Cinema by Whale Coast Mall.
Ter viering van 100 jaar van Afrikaanse erfenis, spog hierdie eksklusiewe filmfees met bekroonde kort- en langfilms van die afgelope twee jaar se hoogaangeskrewe kykNET-Silwerskermfees.
Op 28 Julie kan inwoners uitsien na die volgende kortfilms: Deuntjie, Die Boodskapper en Selah. Die vollengte flieks is Blindelings en Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak. Op 29 Julie is In Die Verloop Van, Liminale en Baas Se Honne te sien, alles kortfilms. Die vollengte films is Hans Steek Die Rubikon Oor en Hier.Na.
30 Julie se kortfilms is Deuntjie, Die Boodskapper en Selah en die vollengte films is Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak en Hans Steek Die Rubikon Oor.
Die laaste dag van die filmfees kan rolprentgangers na die volgende uitsien: In Die Verloop Van, Liminale, Baas Se Honne, Hier Na en Blindelings. Die vierdag-toegang en feespas kos R200 en sluit ‘n boks springmielies in.




