Die Hoërskool Hennenman spog nie net met ‘n 100% slaagsyfer nie, maar een van hulle leerlinge, Louan Kotze, het agt onderskeidings behaal en is in die Top 50 van matrikulante in die Vrystaat vir 2026.
Die skool verkry ‘n 76,5% universiteitstoelating, met ‘n klasgemiddeld van 60,5%.
Kotze is die skool se toppresteerder met ‘n gemiddeld van 88,6%. Tweede in die graad is AJ Pitzer met vier onderskeidings en ‘n gemiddeld van 79,4%, en derde is Danika Swartz met vier onderskeidings en ‘n gemiddeld van 78,3%.
Daniëlle Myburgh en Zunique Steyn het ook vier onderskeidings elk behaal.




Ander presteerders in die skool is Julie-Ann van Schalkwyk, Franco Marx, Ansoney van der Westhuizen en Karlien Lubbe met twee onderskeidings elk. Louelle Botha, Keatlehile Dhlamini, Tony Gomes, Nadia Grobler, Kaylie Klopper, Chelinke Matthysen, Fumane Moiloa, Rethabile Motsoaledi, Morgan Ransome, Christopher Visser en Corné van Wyk het een onderskeiding elk behaal.
Sewe leerders het ‘n gemiddelde B-simbool behaal en 16 leerders ‘n gemiddelde C-simbool.
“Ons matrieks het ook as ‘n groep 43 A-simbole, 63 B-simbole en 90 C-simbole behaal. Baie geluk aan ons personeel en matrieks met hierdie uitstekende uitslae. Ons is baie trots op julle,” sê Brenda Hoffman, skoolhoof.
Kotze kry onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, LO en RGT; Pitzer kry onderskeidings in LO, Landboutegnologie, IGO en RGT; Swartz kry onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, LO, Toerisme en Besigheidstudies; Myburgh kry onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, LO en Lewenswetenskappe; en Steyn kry onderskeidings in Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, LO en Toerisme.






You must be logged in to post a comment.