Gimmies se kompetisie-Cheerleadingspan van Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn, het die afgelope naweek deelgeneem aan die SWD-kampioenskappe. Langenhoven se kompetisie-Cheerleadingspan het hul talente by die SWD-kampioenskappe ten toon gestel en met trots silwer en SWD kleure verower.
Die hoogtepunt van die dag was tydens die prysuitdeling. Lené de Kock, Zoé Binedell, Matthy Swart, Anique Olivier, Cameron Jacobs en Marli de Jongh behaal hul SWD-kleure vir Performance Cheer. Hierdie erkenning is ’n besondere mylpaal wat hul harde werk en toewyding bekroon.
Nog meer opwindende nuus – Lené en Zoé is gekies om SWD te verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe wat van 2 tot 4 Julie in Centurion plaasvind. Dit is ’n ongelooflike geleentheid om hul vaardighede op die groot verhoog te wys en die Gimmie-gees verder uit te dra.
“Baie geluk aan elke deelnemer! Julle het met passie en energie gewys wat dit beteken om ’n Gimmie te wees. Julle prestasies maak ons trots en inspireer ander om ook hoog te mik.”






