Skote klap by meenthuiskompleks in Bloemfontein toe rowers voertuig met kontant kaap

'n Gewapende rooftog waarin ’n voertuig met ’n onbekende bedrag kontant by die Villa Bain-kompleks in Langenhovenpark gebuit is, word tans deur die polisie ondersoek.
Seven people were killed and three injured in separate shootings in Franschhoek and Kuils River over the weekend. Photo: Archive

BLOEMFONTEIN – ‘n Gewapende rooftog waarin ‘n voertuig met ‘n onbekende bedrag kontant by die Villa Bain-meenthuiskompleks in Langenhovenpark gebuit is, word deur die polisie ondersoek nadat verdagtes Vrydagaand toegeslaan en met die geld op die vlug geslaan het.

Tydens die voorval op Vrydagaand 15 Mei, omstreeks 20:30, is skote afgevuur toe die voertuig met die kontant by die kompleks gekaap is. Volgens beskikbare inligting het verskeie betrokkenes in die veiligheidsbedryf, waaronder private veiligheidsmaatskappye, buurtwagte, die SAPD en AfriForum, kort na die voorval op die toneel aangekom.

Niemand is in die voorval beseer nie. Die gekaapte voertuig is later in die Universitas-woonbuurt teruggevind, maar die kontant waarna die verdagtes glo gemik het, is steeds soek.

LEES OOK: Wellingtonse man, seuntjie en skoonma ongedeerd ná kaping

Hoeveel geld in die rooftog gesteel is en presies hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was, kon nog nie bevestig word nie.

Volgens Christo Groenewald, distrikskoördineerder van AfriForum in Bloemfontein, het die organisasie se buurtwag onmiddellik gereageer nadat die voorval op die Langenhovenpark-veiligheidsgroepe gedeel is.

Lt.kol. Thabo Covane, woordvoerder van die Vrystaatse SAPD, het bevestig dat ‘n saak van gewapende roof by die Bainsvlei-polisiekantoor geopen is en dat die ondersoek voortduur.

Die verdagtes is nog nie aangekeer nie en die polisie doen ‘n beroep op enigeen met inligting oor die voorval om hul naaste polisiekantoor te kontak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article