More SAPS officers arrested.
More arrests of police officers again places the focus on the rot within the country’s law enforcement structures.

KAAPSTAD – ‘n Bekende gemeenskapsleier van die Strand is op Dinsdag 6 Augustus deur die Gordonsbaai-polisie op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

Eric Ntabazalila, ‘n provinsiale woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig dat die verdagte Dinsdag in die Strand-landdroshof verskyn het, waar hy aangekla is van ontbloting van sy geslagsorgane aan ‘n minderjarige, twee aanklagte van gedwonge self-seksuele aanranding, twee aanklagte van crimen injuria en seksuele aanranding.

Ntabazalila sê die beweerde voorvalle het op Donderdag 3 Julie plaasgevind, terwyl die seksuele aanranding op Saterdag 26 Julie plaasgevind het.

Die bewerings het skokgolwe deur die Strand-gemeenskap gestuur, waar die verdagte glo ‘n leiersposisie in plaaslike gemeenskapstrukture beklee.

Ondanks die ernstige aanklagte het die beskuldigde op Vrydag 1 Augustus om 09:06 die DistrikPos & Helderberg Gazette gekontak om die beskuldigings teen hom te ontken.

Luidens ‘n polisieverslag ondersoek die Khayelitsha-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskermings- en seksuele misdrywe die klagtes ná die voorvalle wat na bewering by die verdagte se werksplek in Gordonbaai plaasgevind het.

Die saak is aanvanklik by die Strand-polisie geregistreer en na Gordonbaai-polisiekantoor oorgedra aangesien die beweerde oortredings binne hul regsgebied gepleeg is. Hoewel die naam van die beskuldigde aan DistrikPos & Helderberg Gazette bekend is, mag sy naam weens die aard van die bewerings nie bekend gemaak word nie.

In ‘n afsonderlike saak word die verdagte deur bewerings van regsverydeling in die gesig gestaar nadat hy na bewering op Vrydag 1 Augustus om 07:58 die klaer se huis besoek het. Luidens die polisieverslag het hy glo probeer om met die klaer oor die saak te praat, maar sy het geweier en bedreig gevoel.

Die saak is tot Donderdag 14 Augustus uitgestel vir ‘n borgtogaansoek en die staat sal die borgtogaansoek teenstaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article