Weskus Nuus

Geen borg vir bestuurder wat na bewering kind voor ma doodry

Vriende en familie omhels Mickayla Galant nadat die landdros borgtog geweier het aan die man wat na bewering haar vyfjarige dogter voor haar doodgery het. Foto: Murphy Roberts
Vriende en familie omhels Mickayla Galant nadat die landdros borgtog geweier het aan die man wat na bewering haar vyfjarige dogter voor haar doodgery het. Foto: Murphy Roberts

“Ek is nie ’n springbokkie nie, en ek sal my hofsaak bywoon,” het Diego Stevens (33) Dinsdag 3 Maart in sy borgtogaansoek in die Atlantis-landdroshof gesê.

Stevens, die bestuurder van die motor na bewering die lewe van die vyfjarige Mickayla Galant geëis het, het in sy borgtogaansoek getuig, maar wou nie aan die hof sy weergawe vertel van die gebeure op die noodlottige oggend nie.

Stevens het egter volgehou dat hy nie Galant se dood veroorsaak het nie. “Dit was ‘n ongeluk,” het hy gesê.

Diego Stevens (33) het tydens sy borgtogaansoek gesê hy is 'n mense-mens, maar hy kon niemand in die oë kon kyk nie. Foto: Murphy Roberts
Diego Stevens (33) het tydens sy borgtogaansoek gesê hy is ‘n mense-mens, maar hy kon niemand in die oë kon kyk nie. Foto: Murphy Roberts

Stevens het egter volgehou dat hy nie Galant se dood veroorsaak het nie. “Dit was ‘n ongeluk,” het hy gesê.

Die verdedigingsadvokaat en die staatsaanklaer wou by hom weet of hy enigiets vir die oorledene se familie te sê het, waarop hy “nee” geantwoord het.

Die verdediging het ook ’n petisie met meer as tweehonderd handtekeninge ingedien waarin familie en vriende van Stevens vra dat hy op borgtog vrygelaat word.

Luidens die petisie is die verdagte “’n mense-mens”, maar die staat het geantwoord dat hy die teenoorgestelde wys deurdat hy geen berou toon nie.

Volgens sers. Ello Hendricks, ondersoekbeampte, verkeer die verdagte in lewensgevaar omdat familie en vriende van die oorlede kind gesê het hulle sal die reg in eie hande neem indien Stevens borgtog kry.

Volgens die staat is die verdagte ‘n gevaar vir die gemeenskap. Hy het al verskeie vorige botsings met die gereg gehad en het ook die toneel van ‘n ongeluk verlaat.

Die uiteinde van die borgtogaansoek, wat Woensdag 5 Maart voortgesit is, het die oorledene se familie laat glimlag – Stevens is borgtog geweier.

Mickayla Galant sê sy het vertroue in die regstelsel nadat die bestuurder wat haar kind na bewering doodgery het, borgtog geweier is. Foto: Murphy Roberts
Mickayla Galant (derde van regs) sê sy het vertroue in die regstelsel nadat die bestuurder wat haar kind na bewering doodgery het, borgtog geweier is. Foto: Murphy Roberts

Volgens Lemicah Galant, Mickayla se ma, het die landdros se uitspraak vir haar verligting gebring.
Sy het emosioneel buite die hof gesê Stevfens verdien om binne te bly omdat hy gevoelloos voorkom.

Die saak is tot Dinsdag 5 Mei uitgestel. Die verdagte bly tot dan in aanhouding.

Foto-onderskrifte:

Mickayla Galant sê sy het vertroue in die regstelsel nadat die bestuurder wat haar kind na bewering doodgery het, borgtog geweier is. Foto: Murphy Roberts

Diego Stevens (33) het tydens sy borgtogaansoek gesê hy is ‘n mense-mens, maar hy kon niemand in die oë kon kyk nie. Foto: Murphy Roberts

Vriende en familie omhels Mickayla Galant nadat die landdros borgtog geweier het aan die man wat na bewering haar vyfjarige dogter voor haar doodgery het. Foto: Murphy Roberts

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article