Sal die Vodacom Bulle derde keer gelukkig wees of kan Leinster hul Verenigde Rugbykampioenskap-droogte breek?
Hierdie vrae sal beantwoord word wanneer die manne van Pretoria die Ierse reuse Saterdag in die groot eindstryd van die kampioenskap in Dublin aandurf, waar beide spanne sal probeer om hul uitspeel-spook te verjaag en die titel te wen na etlike seisoene waarin hulle albei binne bereik van die trofee was.
Met verlede seisoen se kampioene, die Glasgow Warriors, wat die spogregte verloor het om hul titel te verdedig nadat hulle in die halfeindronde deur Leinster uit die kompetisie geslaan is, sal ‘n nuwe kampioen by Croke Park gekroon word. Die wedstryd begin om 18:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
Dit sal die Bulle se derde verskyning in die VRK-eindstryd sedert die 2021/2022-seisoen wees, en die eerste vir Leinster sedert die 2020/21-seisoen, wat beteken dat beide spanne se desperaatheidsvlakke op ‘n hoogtepunt sal wees voor die wedstryd.
Met Leinster wat die ligafases as die topspan afsluit, gevolg deur die manne van Pretoria, kan ‘n reuse eindstryd verwag word.
Om die botsing op te kikker, sal dit ‘n tweestryd tussen die twee beste aanvallende spanne wees, met Leinster wat 612 punte hierdie seisoen aangeteken het teenoor 609 deur die Bulle. Maar die besoekers sal op die meeste van hul punte-aantekeningkanse moet kapitaliseer, aangesien die gashere spog met die beste verdedigingsrekord hierdie seisoen, met slegs 296 punte afgestaan in 20 wedstryde teenoor 407 deur die opposisie.
Die Bulle sal egter reuse inspirasie put uit die feit dat hulle Leinster met 21-20 tuis in die poelfases van hierdie seisoen verslaan het, sowel as in die halfeindronde in 2023/24 in Pretoria en 2021/22 in Dublin, wat bygedra het tot ‘n indrukwekkende rekord van vier oorwinnings in hul laaste ses ontmoetings.
Interessant genoeg het Leinster hierdie seisoen ‘n onoorwonne tuisrekord, waar hulle al 11 hul wedstryde gewen het, maar dit sal die Bulle nie intimideer nie, wat slegs twee nederlae weg van die huis af gely het – teen die Scarlets en Haaie. Hulle is dus tans op ‘n wenstreek van agt wedstryde.
Met soveel emosie en desperaatheid deur beide spanne voor die wedstryd, word verwag dat dit ‘n epiese ontmoeting tussen die twee rugbyreuse sal wees.
Die Bulle het een verandering aan hul wedstryd-23-tal aangebring, met Springbok-flank Marco van Staden wat in die beginspan inskuif, en met Marcell Coetzee wat na nommer 8 skuif in die plek van die beseerde Cameron Hanekom. Nizaam Carr is op die bank ingesluit.
Die Leinster-span het twee veranderinge aan die beginspan, met Garry Ringrose (senter) en Josh van der Flier (flank) wat van besering terugkeer.
Spanne:
Bulle: 15 Willie le Roux, 14 Canan Moodie, 13 David Kriel, 12 Harold Vorster, 11 Sebastian de Klerk, 10 Johan Goosen, 9 Embrose Papier, 8 Marcell Coetzee, 7 Ruan Nortje (kaptein), 6 Marco van Staden, 5 JF van Heerden, 4 Cobus Wiese, 3 Wilco Louw, 2 Johan Grobbelaar, 1 Jan-Hendrik Wessels. Plaasvervangers: 16 Akker van der Merwe, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Mornay Smith, 19 Jannes Kirsten, 20 Nizaam Carr, 21 Zak Burger, 22 Keagan Johannes, 23 Devon Williams.
Leinster: 15 Jimmy O’Brien, 14 Tommy O’Brien, 13 Garry Ringrose, 12 Jordie Barrett, 11 James Lowe, 10 Sam Prendergast, 9 Jamison Gibson-Park, 8 Jack Conan (kaptein), 7 Josh van der Flier, 6 Ryan Baird, 5 James Ryan, 4 Joe McCarthy, 3 Thomas Clarkson, 2 Dan Sheehan, 1 Andrew Porter. Plaasvervangers: 16 Rónan Kelleher, 17 Jack Boyle, 18 Rabah Slimani, 19 RG Snyman, 20 Max Deegan, 21 Luke McGrath, 22 Ross Byrne, 23 Jamie Osborne.