Rugbygeesdriftiges wêreldwyd kan nou hul Castle Lager Rugbykampioenskap-reeks droomspan bou met die amptelike bekendstelling van Fantasy Rugby Championship.

Die opwindende nuwe fantasie rugby-platform bied rugbyliefhebbers die geleentheid om ‘n droom-span saam te stel met ‘n indrukwekkende $100 miljoen begroting. Deelnemers kan kies uit die crème de la crème van die suidelike halfrond se beste internasionale rugbytalent – die Springbokke, All Blacks, Wallabies en Los Pumas.

Hoe werk die puntestelsel?

Fantasie-spelers verdien punte gebaseer op hul verkose span se prestasies op die veld. Aksies soos drieë, omskakelings, lynbreuke, duikslae en afladings dra almal by tot die finale telling.

Terwyl baie rugbyliefhbbers hul oog op die groot prys van US$5 000 sal hê, kan deelnemers ook private ligas skep om met vriende, familie en ander geesdriftiges regoor die wêreld te kompeteer vir die die finale spogregte.

Twee van die duurste spelers in die spel is beide agterspelers, Bok-vleuël Cheslin Kolbe en All Blacks-heelagter Will Jordan, elk teen ‘n waarde van $10 miljoen.

Onder die duurste voorspelers is Ardie Savea en Springbok-kaptein Siya Kolisi, albei teen $8 miljoen.

Buitegtersplers Tom Wright is Australië se duurste speler teen $8.5 miljoen, terwyl losskkel Tomás Albornoz Argentinië se duurste speler is teen $8 miljoen.

Deelnemers word beperk tot ‘n minimum van drie spelers en maksimum van ses spelers van enige Rugbykampioenskap-reeks in hul fantasie-span.

Drie kragtige boosters is beskikbaar om telling te verhoog:

• Triple Captain: Verdrievoudig jou kaptein se punte vir een wedstryd
• Co-Captains: Verdubbel punte vir twee gekose kapteins vir een rondte
• Limitless: Bied onbeperkte begroting vir slegs een rondte

Wenner se advies

Callum Brown van Melbourne, Australië, wat die soortgelyke kompetisie tydens die Super Rugby Pacific-seisoen gewen het, deel waardevolle wenke:

“Dit is ‘n kort kompetisie – jy sal risiko’s moet neem, maar moenie te roekeloos wees nie. Konsekwentheid is die antwoord” adviseer hy.

“Kies konsekwente spelers as kaptein. ‘n Vaste en veilige kaptein-telling elke rondte sal beter wees as om elke rondte groot risiko’s te neem! Geniet dit om wedstryde buite jou gunsteling span te kyk!”

Brown beklemtoon ook: “Raak vertroud met die puntestelsel – om ‘n speler op die veld te wees, beteken nie altyd fantasie-punte nie!”

Met die Rugbykampioenskap-reeks wat oor sewe weke plaasvind, sal boosters ‘n sleutelrol speel in fantasie-spelers se strategie terwyl hulle weeklikse keuses maak.

Die spel is nou lewendig en rugbyliefhebbrs kan die teuels in die hand neem om hul rugbykennis regdeur die 2025 seisoen te toets.

Sluit aan by die aksie: playfantasyrugby.com/rugby-championship

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article