Inligtingsbeamptes sal ook kampuswyd aan diens wees om besoekers te help met aanwysings en algemene navrae.


Die Universiteit Stellenbosch (US) bied vanjaar ’n volledige, op-kampus opedag aan waartydens leerders, ouers en onderwysers die US-kampusse en fakulteite kan besoek. Hierdie is die ideale geleentheid vir gr. 12-leerders om inligting oor studiegeleenthede, finansiële hulp, huisvesting en studentelewe te bekom.

Die opedag vind op Saterdag 6 Mei van 08:00 tot 15:00 op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse, plaas.

“Die groot voordeel van ’n opedag is dat voornemende studente direkte interaksie met universiteitspersoneel kan hê om spesifieke inligting oor die onderskeie studierigtings te bekom,” sê Magdel Pretorius, waarnemende adjunkdirekteur van die US se afdeling vir studentewerwing.

Besoekers aan die Stellenbosch-kampus kan hul dag van verkenning by die algemene inligtingstalletjies (verwelkomingsgebied) voor die Konservatorium begin. Herhalend deur die dag is inligtingsessie oor onder meer hoe om aansoek te doen, finansiering en koshuise. Instapdienste is beskikbaar vir internasionale studente, Suid-Afrikaanse studente op internasionale kurrikulums en studente met spesiale leerbehoeftes.

Leerders en ouers moet vooraf kaartjies bespreek. Net drie kaartjies is per gesin beskikbaar. Kaartjies is gratis beskikbaar by www.quicket.co.za. Die program is beskikbaar by www.maties.com.

Ook op die Rooiplein is privaat akkommodasie-entiteite, privaat instansies, Maties Sport en Maties Gimnasium, terwyl die koshuise vir besoekers oop sal wees.

Daarbenewens bied die US ook ’n aanlyn opedag vir leerders en ouers wat nie die op-kampus-opedag kan bywoon nie. Dié virtuele platform is beskikbaar by https://blogs.sun.ac.za/open-day/ en bly oop tot 31 Julie, wanneer aansoeke sluit.

• Vir nadere besonderhede, besoek www.maties.com, skakel 021 808 9111 of e-pos info@sun.ac.za.

• Aansoeke vir alle programme het reeds op Maandag 3 April 2023 geopen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article