Beamptes van die Groot Drakenstein-polisie het vandeesweek op onder meer’n onwettige vuurwa- pen afgekom.

Beamptes van Groot Drakenstein-polisie het vandeesweek groot suksesse met misdaadbekamping danksy inligting van die publiek behaal.

Wetstoepassers van die Stellenbosch- munisipaliteit het ná talle klagtes uit die Cloetesville-gemeenskap verskeie optredes oor die afgelope twee weke saam met die plaaslike polisie as deel van ‘n misdaadbekampingsoptrede uitgevoer.

Inwoners het egter gekla die byna daaglikse skietery in Cloetesville het nou na Kylemore oorgespoel.

‘n 21-jarige is Saterdag 13 September gewond ná ‘n skietery in Kylemore. Die plaaslike polisie het na aanleiding van die voorval inligting oor ‘n onwettige vuurwapen ontvang. Beamptes van die Groot Drakenstein-polisie het Woensdag 17 met behulp van die Stellenbosch-misdaad-intelligensie-eenheid, die Boland K9-eenheid, munisipale wetstoepassers en die teen-bende-eenheid ‘n klopjag in die buurt uitgevoer.

Beamptes het verskeie wonings deurgesoek op soek na mense wat by die vorige naweek se misdrywe betrokke was.

Tik en Mandrax is ook tydens die operasie gevind.
Tik en Mandrax is ook tydens die operasie gevind.

Lasbriewe is uitgereik en drie verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem weens poging tot moord, twee vir die besit van dwelms, en ‘n derde vir die besit van vermoedelike gesteelde goedere.

‘n Onwettige vuurwapen, tik asook Mandrax is tydens die optrede gekry.

Die verdagtes (tussen 20 en 41 jaar), het op Vrydag 19 September in die Stellenbosch-landdroshof in verband met die onderskeie klagtes teen hulle verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article