Stellsorg het sy jaarvergadering op Donderdag 20 November gehou. Links by die direkteur van Stellsorg, Bettie Nieuwoudt (regs), is Felicity Coetzee, wat op die jaarvergadering ‘n toekenning vir haar 42 jaar lange diens by die vereniging ontvang het. Sy is tans hoof van die Jessie Keet-crèche in Idasvallei. Foto’s: Elsabé RetiefBo is die wonderlike vroue wat die Stellsorg-bakkery bestuur en heerlike brood, kolwyntjies en ander smaaklike lekkernye bak asook al die verversings vir die vergadering gebak het. Van links is Mina de Ruiter, Moira Gabriels, Annebel Kirkwood, Sharon Lawrence, Melanie Juman en Mariska Hendrikse. Hulle is deel van die 1 055 mense wat deur die nasionale gemeenskapsindiensnemingsfonds gesubsidieer word en vir wie Stellsorg tydelike werk in en rondom Stellenbosch gevind het.Die direkteur van Stellsorg, Bettie Nieuwoudt, by twee presteerders wat vanjaar deur die vereniging bemagtig is. Links is Ethan Agulhas, ‘n graad 7-leerder by die PJ Olivier-kunsskool, en regs is Raymond Jenner, wat vier jaar lank ‘n klas-assistent by St Paul Primêre Skool was en tans ingeskryf is vir ‘n maatskaplike hulpwerkkursus. En hy het as straatveër begin.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.