Die Black Pumas-netbalklub in Cloetesville wil nie net die lewe van sy spelers verbeter nie, maar ook die lewe van kinders in die breër gemeenskap. Foto: Angelo Julies
Nou is jou kans om by die Black Puma-netbalklub aan te sluit.

Die Black Pumas-netbalklub nooi alle huidige en voornemende lede na hul eerste oefensessie aanstaande Donderdag (12 Februarie) van 17:00 tot 19:00 by die Cloetesville-sportterrein.

Die klub is in 2023 gestig om jong mense van die Cloetesville-gemeenskap uit die strate te hou en ‘n positiewe alternatief tot sosiale uitdagings soos alkohol- en dwelmmisbruik te bied. Sedertien pronk die klub met talle pluimpies en pryse – veral sy prestasies vir die 2025-seisoen.

Die klub en sy spelers is tydens verlede jaar se prysuitdeling van die Stellenbosch-netbalunie vir hul uitstaande prestasie vereer, waaronder as ligawenners en die wenners van ander kompetisies soos die Herotel-beker. Marnay Petersen is as die unie se sportvrou van die jaar bekroon.

Die voorsitter, Vernon Petersen, het al die spelers, die bestuur, ondersteuners en borge – veral die hoofborg, Herotel – vir hul ondersteuning bedank.

Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Bel Vernon by 062 911 8072 of Carlene by 084 995 0263 vir nog inligting.

Die Black Pumas-netbalklub nooi alle huidige en voornemende lede na hul eerste oefensessie aanstaande Donderdag (12 Februarie) van 17:00 tot 19:00 by die Cloetesville-sportterrein. Die klub is in 2023 gestig om jong mense van die Cloetesville-gemeenskap uit die strate te hou en 'n positiewe alternatief tot sosiale uitdagings
soos alkohol- en dwelmmisbruik te bied. Sedertien pronk die klub met talle pluimpies en pryse – veral sy prestasies vir die 2025-seisoen. Die klub en sy spelers is tydens verlede jaar se prysuitdeling van die Stellenbosch-netbalunie vir hul uitstaande prestasie vereer, waaronder as ligawenners en die wenners van ander kompetisies soos die Herotel-beker. Marnay Petersen is as die unie se sportvrou van die jaar bekroon. Die voorsitter, Vernon Petersen, het al die spelers, die bestuur, ondersteuners en borge – veral die hoofborg, Herotel – vir hul ondersteuning bedank. Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Bel Vernon by 062 911 8072 of Carlene by 084 995 0263 vir nog inligting.
Die Black Pumas-netbalklub nooi alle huidige en voornemende lede na hul eerste oefensessie aanstaande Donderdag (12 Februarie) van 17:00 tot 19:00 by die Cloetesville-sportterrein.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article