Inwoners van Stellenbosch en omliggende dorpies word uitgenooi om in te skryf vir die e’Bosch-gemeenskapsontwikkelingsleierskapskursus.
Plekke is beperk en belangstellendes in vanjaar se kursus word genooi om so gou as moontlik aansoek te doen.
Die kursus bestaan uit sewe modules en ‘n finale voorleggingssessie wat ‘n praktiese komponent insluit. Die kursus vind op 10, 11, 25 April en 6 Junie plaas.
Suksesvolle kandidate sal ‘n sertifikaat ontvang wat uitgereik word deur Universiteit Stellenbosch se sentrum vir die bevordering van sosiale impak en transformasie. Die kursus word deur e’Bosch geborg.

“Die hooftemas van die kursus, naamlik erfenis en ruimtelike ontwikkeling, asook die Suid-Afrikaanse Grondwet, gemeenskapsontwikkeling, projekbestuur en leierskap, word deurgans in die kursus geïntegreer.
Bywoning van alle kursusvergaderings is verpligtend om die kort kursus suksesvol te kan voltooi,” sê dr. Sias Mostert, e’Bosch-direksievoorsitter. Applikante moet gemeenskapsgerig wees, al vier sessies kan bywoon, 18 jaar of ouer wees en ‘n kort CV saam met hul aansoek stuur.
• Kontak die e’Bosch-kantoor teen of voor Vrydag 20 Maart per WhatsApp by 061 595 4085 of stuur e-pos aan Belinda Foster by heritage.ebosch@gmail.com om ‘n aansoekvorm te kry. Die aansoekvorm kan ook aanlyn in PDF-formaat op e’Bosch se webwerf afgelaai word.






You must be logged in to post a comment.