The South African Police Service (SAPS) recruitment drive has shattered expectations, with applications for the Basic Police Development Learning Programme (BPLDP) surpassing the 927 000 mark as the submission deadline looms.
Stellenbosch police are warning of a spike in robberies in the Plankebrug area.

Die was ‘n wilde, woeste begin van die week in Cloetesville nadat ses mense geskiet is.

Die Cloetesville-polisie het bevestig hulle is Maandag (16 Februarie) omstreeks 21:15 ontbied.

Polisiebeamptes is op die toneel meegedeel ‘n man is oorlede nadat hy vermoedelik in ‘n bakleiery was.

Volgens inligting is die oorledene geskiet, maar kon daarin slaag om weg te hardloop. Hy is deur vier mense agternagesit. Tydens sy poging om weg te kom, is hy in die rug geskiet en hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorledene was egter nie die enigste wat getref is nie en vyf lede van die gemeenskap is ook raakgeskiet.

‘n Vrou (57) is in die bo-arm getref, ‘n 19-jarige vrou is in haar regterboud gewond en nog drie het vleeswounde opgedoen – ‘n tiener (17) is in haar linkerarm, ‘n man (21) in die sleutelbeen en ‘n 18-jarige man in die onderste deelte van sy been getref.

AO Zenobia Sedeman, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig ‘n 21-jarige verdagte is Dinsdag (17 Februarie) in verband met die voorval in gehegtenis geneem.

Die polisieondersoek, wat ‘n aanklag van moord en vyf van poging tot moord insluit, duur voort.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article