Daniel Rowland
Daniel Rowland is vanjaar weer deel van die program van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Foto: Tiffany Schultz Photography

Room van die oes by gewilde kamermusiekfees in Stellenbosch

Daniel Rowland
Daniel Rowland is vanjaar weer deel van die program van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees. Foto: Tiffany Schultz Photography

Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SIKMF) vind vanjaar van Vrydag 3 tot Sondag 12 Julie in die Konservatoriumgebou van die Universiteit Stellenbosch plaas.

Dié fees ontvang reeds vir twee dekades elke Julie Suid-Afrika se grootste kollektief van wêreldbekende klassieke musici van verskillende kontinente.

Vanjaar se kunstenaars sluit ‘n aantal terugkerende en gerespekteerde kunstenaars in, wat weer eens gehore in die Endler-saal sal betower.

Daniel Rowland en Maja Bogdanovic is wêreldwyd hoog in aanvraag by die mees vooraanstaande feeste. Rowland, wat voorheen die “Vier Seisoene” van Vivaldi, Piazzolla en Max Richter uitgevoer het, sal dié keer Philip Glass se “Vier Seisoene” uitvoer – ‘n weergawe wat nog nooit in SA gehoor is nie.

Die twee sal saam met die SIKMF artistieke direkteur, Nina Schumann, optree in die uitvoering van Fazil Say se “Space Jump”.

LEES OOK: Spesiale orkes vir Stellenbosch- kamermusiekfees se 20ste jaar

Die violis Miclen LaiPang
Die violis Miclen LaiPang maak vanjaar sy SIKMF debuut.

Verskeie musici

Die violis Miclen LaiPang het onlangs as solis saam met die Kaapstad Filharmoniese Orkes en by die­ ­Franschhoek-kamermusiekfees plaaslike gehore op hul voete gehad. Hy sal sy SIKMF debuut maak in werke van Cesar Franck, Jörg Widmann en Glière.

Op die laaste dag van die fees sluit Emanuil Ivanov by Miclen aan in Mendelssohn se energieke concerto vir viool en klavier.

Benewens Bogdanovic sluit die SIKMF-tjelliste vanjaar die feesdirekteur, Peter Martens, Boris Andrianov en David Cohen in. Andrianov en Cohen is jare lange gunstelinge van die musiekfees.

Andrianov is op Donderdag 9 Julie ‘n solis op die konsertante-aand, terwyl Cohen die treffende tjelloconcerto van Schnittke op Vrydag 10 Julie saam met die fees-simfonieorkes sal uitvoer.

Onder nuwe houtblasers is daar Titus Underwood, hoof-hobospeler van die Nashville-simfonieorkes, en Julia Harguindy, hoof-fagotspeler van die Pittsburgh-simfonieorkes. Die fluitspeler Demarre McGill is ook terug.

Die sublieme klarinetspel van YaoGuang Zhai word weer gehoor in werke van, onder andere, Mozart, Amanda Harberg en Ante Grgin.

SIKMF se koperblasers het geen bekendstelling nodig nie. Vanjaar speel hulle almal saam in Gareth Wood se “Tientos y Danzas”, met Jauvon Gilliam op perkussie.

Die volle lys van SIKMF-kunstenaars en kaartjies is aanlyn by www.sicmf.co.za beskikbaar.

LEES OOK: Musiek, mode en dans by SIKMF

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article