Raap, ‘n Paul Roos Gimnasium-produksie onder die leiding van die onderwysers Brink Nelson en Hannelie Caine, het Donderdag 24 Julie aan die Wes-Kaapse uitdunronde van die nasio- nale Pronk Podium-toneelfees by die Hoërskool Durbanville deelgeneem.
Raap is as een van die topvier-produksies in die provinsie aangewys en was Vrydag 25 Julie deel van die half- eindronde.
Die nasionale finaliste word later vanjaar bekendgemaak.
Die PRG-produkise het vier goue, 13 silwer- en ses brons-toekennings losgeslaan.




