Lydia Grobler, voorsitter van die Bloemhof-oueronderwyservereniging, oorhandig ’n bord toebroodjies aan Liesel Koen van Stellenbosch-voedingsaksie.


Die Hoër Meisieskool Bloemhof se opedag is Maandag 12 Februarie gehou.

Bloemhof-ouers is gevra om toebroodjies vir dié geleentheid te maak. Kos wat oorgebly het, is vir die Stellenbosch-voedingsaksie geskenk.

“Ons is stomgeslaan deur die ongelooflike reaksie van ons ouerkorps,” het Stephan Meyer, die kommunikasiebestuurder, gesê.

“Nie net kan ons toebroodjies aan hierdie waardige organisasie skenk nie, maar die Bloemhof-oueronderwyser­vereniging kon ook kos aan die nagskuilings in Stellenbosch en Somerset-Wes verskaf.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article