Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?
Topic Menu:
News
-
Musiekaand by Drostdy
Die gewilde kunstenaar Jannie du Toit en ’n groep van sy musikale vriende reis in September na Stellenbosch vir ’n spesiale geldinsamelingskonsert ten bate van die nasionale raad van en vir mense met gestremdhede (NCPD).
-
Maties verongeluk in Weskus
Twee ma’s moes Vrydagaand (23 Augustus) magteloos toekyk hoe mediese personeel hul twee studentekinders behandel op die toneel van ’n motorongeluk net buite Vredenburg.
-
-
Gesteelde motor gestroop gevind
’n Motoreienaar het groot skade opgedoen nadat haar motor Sondagaand (25 Augustus) in Klapmuts gesteel en ’n paar uur later gestroop en verlate gevind is.
-
Spanne moet ligloop vir VDE
Die Van der Stel-Evergreens- en Franschhoek-rugbyklubs is albei Saterdag (31 Augustus) in Superliga B-halfeindstryde op City Park in Athlone gewikkel, waar hulle onderskeidelik teen Kraaifontein en die UWK kragte sal meet.
-
Kara hou leerders fluks en gesond
Dit maak nie saak of dit skoolskoene of ’n bakkie vol appels is nie, indien hy skenkings vir die laerskool kan kry, skenk Maghmoed Kara dit aan Idasvallei Primêr.
-
Tuine vir voedsel beplan
Die Dwarsriviervallei-gemeenskapsontwikkelingstrust en forums van Kylemore, Johannesdal, Pniël, Lanquedoc en Meerlust Groot-Drakenstein nooi inwoners in die Dwarsrivier om met hulle in vennootskap te tree.
-
-
-
Reddingswerker neem oorsee deel
Die reddingswerker Axel Mouton help vele mense deur van die moeilikste tye van hul lewe en meen sy deelname aan die internasionale World Rescue and Extrication Challenge (WREC) sal hom help om nog meer vaardighede te leer.










