Pelatt Smith, Jacques Botma en Jo van Rooyen het aan die redenaarskompetisie deelgeneem.

Leerders dring deur


Paul Roos Gimnasium se redenaars het op 11 Maart saam met verskeie Wes-Kaapse skole aan die ATKV-redenaarskompetisie by Hoërskool Bellville deelgeneem.

Paul Roos se span het hom by dié strawwe kompetisie uitstekend van sy taak gekwyt.

Drie Paul Roosers het na die halfeindronde deurgedring wat 17 Mei by die Hoërskool Bellville gaan plaasvind. Hulle is Jo van Rooyen (juniors: onvoorbereid), Pelatt Smith (juniors: voorbereid) en Jacques Botma (seniors: onvoorbereid).

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article